Die Gereformeerde Kerk Ontdekkers is op 6 Augustus 1966 gestig en ons kan terugkyk en sien dat die Here sy Kerk in die holte van Sy hand hou. Op 6 Augustus 1991 was die gemeente 25 jaar oud . Op die gedenkplaat agter in die kerk, is die woord “EBEN-HAESER ” wat beteken: Die Here het ons tot hier gehelp. Dit geld vandag nog.
In Junie 2012 het die Gereformeerde Kerk Roodepoort ontbind en het 130 lidmate met attestate oorgekom na Ontdekkers gemeente.